deur Andy Tudor
Verfyn jou vliegvaardighede met nóg 100 pragtige papiervliegtuie! Daar is 100 blaaie wat jy kan uitskeur om allerlei opwindende vliegtuigies te vou – van tydmasjiene tot goggas en gekamoefleerde haaie.
– Vol pragtige ontwerpe vir papiervliegtuie – om te vou en mee te vlieg.
– Gedruk op spesiale uitskeur-bladsye; elke papiervliegtuig is uniek geïllustreer
– Sluit duidelike instruksies in waarvolgens vliegtuie gevou kan word.
– ’n Briljante present vir enige kind – of volwassene! Perfek vir die kerskous, of om kinders besig te hou by ’n partytjie.
Oor die outeur:
Andy Tudor werk reeds 20 jaar as illustreerder. Hy woon in Derbyshire, Engeland.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R120.00*
*prys onderhewig aan verandering