Boek: Nóg avonture vir Magriet en Nina

Melanie Tait

Nina en Magriet die hoender is beste maats en het allerhande avonture saam.

In Magriet en Billie kom kuier Billie vir Nina. Net voor hulle lekker begin speel, jaag Magriet skielik op Billie af… Om en om hardloop hulle. Hoekom op aarde jaag Magriet vir Billie?

In Magriet se eierbesigheid besef Nina dat sy en Magriet saam ʼn besigheid kan begin. Magriet lê elke dag ʼn eier en so word “Lê-ʼn-eier” gestig. Dit laat Nina groot drome droom oor eendag wanneer sy groot is…

Die Magriet-reeks kom uit die pen van Melanie Tait en is deur Linki Brand geïllustreer. Dit het by Lapa Uitgewers verskyn en vorige boeke in die reeks sluit Magriet die stadshoender en Magriet hou konsert in.

Oor die skrywer

Tait werk al langer as 15 jaar in die kommunikasiebedryf, hetsy in druk- of in oudiovisuele medium. Na haar universiteitsopleiding op Potchefstroom bevind sy haar terstond in die kleurryke wêreld van televisie. Tait was jare lank voltyds bedrywig by The Northen Review in Polokwane as joernalis en leefstylredakteur. Sy was ses jaar deel van die DEKAT-tydskrif en -televisieprogram, wat uit die tydskrif gespruit het. Op die oomblik doen sy werk op vryskutbasis en skryf gereeld profiel- en kunsartikels vir tydskrifte. Tait doen ook televisiewerk waar sy inhoud vervaardig en regie vir produksies doen. Sy het ook onlangs haar eie kos- en kunsreeks geskep wat op ʼn nasionale lugdiens se uitsaaiplatform te sien is.

Prys: R60,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.