Boek: Nóg Dolfie Weerwolfie-avonture

Paul van Loon

Hierdie gewilde Nederlandse reeks oor ʼn jong seuntjie wat op sy sewende verjaarsdag ʼn weerwolf word, se avonture gaan voort in Dolfie Weerwolfie 3: Silwertand en Dolfie Weerwolfie 4: Weerwolfbos.

Dolfie Weerwolfie 3: Silwertand
Dolfie bly baie lekker by Timmie en sy ouers. En al die hoenders in die buurt leef nog! Uit die bloute kry hulle ʼn besoeker met ʼn rillerbrief by hom. Die brief sê dat Dolfie by die man moet gaan bly. Dolfie mag nie meer by Timmie en sy ouers bly nie. Oupa Weerwolf is onrustig. Hy herken die berugte oom Silwertand…

Dolfie Weerwolfie 4: Weerwolfbos
Op ʼn dag is daar vreemde geluide in die Weerwolfbos. Daar word gekap, gesaag en gegrawe. Die bos is in gevaar. Oupa Weerwolf se boomhuis waarin hy al jare woon, is ook in gevaar. Twee besigheidsmanne, Visgraat en Meneer, wil die bos afkap. Wat nou? Protesteer! Dolfie en sy klasmaats stig ʼn protesgroep W.R.O.W. (Wie Red ons Wolfbos). Maar sal dit genoeg wees om die mans te keer?

Die Dolfie Weerwolfie-stories word deur Paul van Loon geskryf en Lapa Uitgewers is die uitgewer.

Oor die skrywer

Paul van Loon is al langer as 30 jaar ʼn skrywer en het al 10 keer die Nederlandse Kinderjurie -prys verower. Hy is op 17 April 1955 in Geleen, Nederland, gebore en was oorspronklik van plan om ʼn illustreerder te word – maar begin toe sommer ʼn musiekgroep. Sy eerste kinderboek, Boven op tante Agaat, is in 1983 uitgegee en hy het stil-stil ʼn skrywer geword. Nou is sy passie om grilstories vir kinders te skryf en daar is wêreldwyd meer as ʼn miljoen Paul van Loon-lesers.

Prys: R165,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.