Boek: Nogtans sal ek hoop

Boekrakdeur Johan Smit

Daar is twee maniere om die swaarkry van die lewe te hanteer:  kyk daarteen vas en word daardeur oorweldig, of sien God raak en leef in oorwinning.

In Nogtans sal ek hoop se 366 dagstukke wil Johan Smit lesers op God laat fokus sodat hulle elke dag hoopvol kan aanpak. Temas wat bespreek word sluit in:

  • Christenwees in Suid-Afrika
  • Struikelblokke op die geloofspad
  • Karaktertrekke van Jesus
  • Paulus se inspirerende preke

Die Skrifgedeeltes en oordenkings laat lesers dieper delf om God te leer ken vir wie Hy is – en nie wie mense dikwels so graag wil hê Hy moet wees nie. Deur aan God vas te hou in alle omstandighede, sal die seer en bekommernis van elke dag geen houvas op jou hê nie.

Oor die outeur:
Johan Smit was predikant in die NG Kerk-gemeentes Wynberg, Bellville-Oos en Helderberg. Johan was ook vir baie jare ’n aktiewe medewerker by die Kerkbode en Lig. Hy is getroud met Nina en hulle woon in Somerset-Wes.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R169.95*
Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.