Boek: ‘Nootvat. Kwashaal. Stapel.’ – Bernard Odendaal

Bernard Odendaal

In Bernard Odendaal se eerste digbundel sedert hy in 2007 met Onbedoelde land gedebuteer het, besin hy oor woordkuns, Afrikaans en die voortbestaan daarvan. Odendaal gedenk ook die heerlikheid én verganklikheid van die mens, die natuur en die liefde en hy registreer maatskaplike verwording. ’n Verlore jeugwêreld en vriende word onthou; daar word gedink aan kinders wat in diaspora verkeer. Stemminge, toonaarde en digvorme wissel mekaar af.

Oor die digter

Odendaal is die direkteur van die ATKV-Skryfskool in Potchefstroom. As digter debuteer hy in 2007 met Onbedoelde land, wat vir die Ingrid Jonker-prys benoem word. Sy gedigte is in verskeie bloemlesings opgeneem, onder andere die Groot verseboek en Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte.

Prys: R250,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.