Boek: Nostalgie die beste geurmiddel

Herman Lensing

Huiskos is die alombekende TV-sjef Herman Lensing se sesde kookboek en volg op die uiters suksesvolle Dit proe soos huis, wat in 2019 by Human & Rousseau verskyn het en in 2020 deur die Suid-Afrikaanse Boekpryse vir beste niefiksieboek benoem is.

Anders as in Lensing se vorige boeke deel hy hierdie keer ook resepte wat hy by sy vriende en by mense op vele reise deur Suid-Afrika leer ken het.

Huiskos bevat meer as 80 resepte: Van ontbyt, hoof- en nageregte (soos koekstruif, roomys en selfs basaarpoeding) tot bykos, vleisgeregte, koeke, koekies en beskuit .

Elke hoofstuk weerspieël Lensing se liefde vir kos en vir mense, met staaltjies waaraan jy jou kan verkneukel. Dit is alles pretensielose resepte met bestanddele wat jy van Pretoria tot in Pofadder kan kry.

Prys: R290,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.