Boek: Nou is die tyd

Nou-is-die-tyd.jpgLindie Strydom

As daar een ding is wat ons almal elke dag gemeen het, is dit die hoeveelheid tyd wat ons elke dag kry. Belê jy jou 24 uur elke dag op die regte plekke?

Lindie Strydom inspireer lesers in Nou is die tyd om weer die waarde van tyd te besef. Sy kyk na aspekte van tyd soos:

  • Tyd verklap ons prioriTYD en bepaal identiTYD
  • Tyd is ’n kommodiTYD
  • Intimiteit vra eenkant stilteTYD
  • ProduktiwiTYD en effektiwiTYD
  • KwantiTYD en kwaliTYD

Elke hoofstuk word afgerond met aanhalings en wysheid uit die Skrif. Daar is ook vrae om oor na te dink met skryfplek sodat lesers kan besin oor hoe hulle hul tyd gebruik.

Ontdek weer in Nou is die tyd dat tyd soveel méér is as die ure in jou dag. Leer weer om dit wat belangrik is boaan jou prioriteitslys te plaas sodat jy nie een enkele kosbare minuut verder “mors” nie.

Oor die skrywer:

Lindie Strydom is ’n bekende radio- en TV-persoonlikheid. Sy is al meer as ’n dekade ’n motiveringspreker. Sy is getroud met Johann Strydom en die ma van drie kinders, Paul, Hugo en Nina.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R89,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.