Boek: Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes

Nuwe hoop vir ADHD

Helena Bester

Daar is hoop vir ADHD-lyers!

Helena Bester, Suid-Afrika se voorste kenner van ADHD, vertel met groot meelewing die suksesverhale van sommige van die duisende ADHD-lyers wat reeds haar pad gekruis het. Haar leesbare en omvattende gids bevat die jongste inligting oor ADHD by kinders én volwassenes.

In ’n geselstrant, toegelig met onderhoudende gevallestudies, vertel sy van die jongste behandelingsmetodes, van fisieke terapieë tot ontspanningstegnieke, dieetaanpassings en nuwe medikasie. Een van talle nuwe behandelings wat sy in diepte bespreek, is neuroterugvoer-terapie. Dit word vir alle vorms van ADHD ingespan, en word ook met welslae gebruik vir angs, slaaploosheid, depressie, epilepsie, breinbeserings, outisme en verslawing.

Die skrywer verskaf ook leiding oor hoe om ADHD-leerders in die klaskamer te hanteer en hoe om die onderwysdepartement te hanteer.

Helena Bester is sowel ingelig as gerusstellend. Haar omvattende, gesaghebbende gids gee lesers moed en kennis sodat aandagafleibaarheid tuis en in die klaskamer met vertroue aangepak kan word. Die toon is warm en menslik, maar tog bevat die boek die jongste navorsing en beskryf dit verskeie behandelingsopsies.

Ook verkrygbaar in Engels as New hope for ADHD in Children and Adults.

Oor die outeur:
Helena Bester is die skrywer van drie toonaangewende boeke oor leerprobleme en aandagafleibaarheid. Help, my kind makeer iets het in 1996 verskyn en is twee keer herdruk. Sy volg dit op met die ewe suksesvolle Help, my kind veroorsaak chaos in 2000 (dit is ook in Engels vertaal). Haar derde boek, Beheer Aandagafleibaarheid en How to cope with ADHD verskyn in 2006 en is wyd deur ouers en onderwysers verwelkom. Vandat sy neuroterapie in 2005 as ʼn addisionele terapie in haar praktyk begin aanbied het, werk sy nie meer net uitsluitlik met kinders met ADHD nie. Sy hanteer ook ander probleme soos insomnia, angsversteurings, depressie en breinbeserings waarvoor neuroterapie verligting kan bring. Sy volg ʼn holistiese werkwyse. Sy glo vas dat slegs dit wat in liefde gedoen word, die moeite loon. Haar simpatieke toon en wye kennis gee talle ouers nuwe hoop.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R199-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

suzette Bastos ·

Ek sal graag meer wil uitvind van die medikasie. En my seun het ADHD maar ek kry epeliptic fit van ek 35 jaar is en nog geen dokter kon vir my se hoekom ek dit kry nie. Gaan hy dit ook kry En hy is baie agresive kan ons dalk U kom sien.

Yolanda Strydom ·

Dankie vir die boek, dit sal beslis handig wees. Weet iemand dalk van ‘n ondersteuningsgroep? Iemand wat aan die ouers se kant is.

nelmarie ·

Ek is raad op ekt vandag n oueraand brief grekry wat se dat die onderwyser bekomerd is oor sy vordering ag ek traai als ek is raad op dis net of niks werk nie ekt al so baie geld aan sielkindiges spandeer en almal se die selfde maar omdat ek in n dorp woon waar daar niks is nie is dit so moeilik om hulp te kry eks raad op maar iewers moet n lug punt wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.