Boek: Nuwe stories 3

nuwe stories 3

Suzette Kotzé Myburgh en Leti Kleyn

Sewentien kortverhale deur die skrywers op die kortlys van Human & Rousseau se Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd vir 2014. Die stories dek ’n wye verskeidenheid onderwerpe, insluitend verhoudings, kindermishandeling, armoede, trauma, dwelms, geloof en die ware aard van goed en kwaad.

Die skrywers op die kortlys is Frederick J. Botha, Luka Dreyer, Susan Gaigher, Carla Kargaard, Corné Koegelenberg, Martin Laubscher, Ilisna Nel, Carien Smith, Tanya van Buuren, Heloïse van der Walt, Christina van Deventer en Elani Venter.

Oor die outeur:
Suzette Kotzé-Myburgh is voormalige uitgewersredakteur en tans vryskut taalpraktisyn en joernalis. Sy het jare se ervaring as redakteur, samesteller en redigeerder van fiksie. Sy woon op Joostenbergvlakte, halfpad tussen Kaapstad en Stellenbosch.

Leti Kleyn is skrywer, werwingsredakteur en universiteitsdosent. Sy is die medeouteur van Die Afrikaanse Skryfgids, ‘n samestelling van Afrikaanse skrywers se raad en fabrieksgeheime. Haar debuut, ‘n fotoboek oor die mense van die Tankwa-Karoo, het in Augustus verskyn.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R165-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.