Boek: ‘Offers vir die vlieë’ – Fanie Viljoen

Fanie Viljoen

Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart metaalhuls van die geweer lê, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net nie toe al besef nie.

Dertig soldate kry van kleins af intense weermagopleiding in ’n distopiese staat. Ses jong soldate, ontneem van hul menslikheid en hul jeug, bly oor en word ontplooi na die Front. Een van hulle vermoor hul seksieleier. Almal ontken hulle is skuldig.

Wie van hulle lieg?

Offers vir die vlieë is ʼn distopiese jeugverhaal wat geskik is vir die oorbrugging tussen jong volwasse en volwasse fiksie, en sal ook ideaal vir klaskamergebruik wees. Suid-Afrikaanse tieners sal hulle boonop met universele temas soos geweld, verlies van identiteit en boeliegedrag kan identifiseer.

’n Mens moet veral pitkos vir die jeug gee,” sê Fanie Viljoen, skrywer van Offers vir die vlieë. “Ek hou daarvan om die grense so ʼn bietjie uit te daag wanneer ek vir dié groep lesers skryf.

Luister na ʼn onderhoud met Fanie Viljoen hier op Maroela Media.

Oor die skrywer

Trefferboeke soos SlymKlouBetowerBravoLuluAksieheld Austin en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Viljoen ʼn huishoudelike naam gemaak. Viljoen het in Welkom grootgeword. Hy het op skool reeds in kuns belang gestel, en afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jongmense, is hy ook ʼn illustreerder en visuele kunstenaar. Van sy skilderye het ʼn tuiste in Amerika, Australië, Kanada en Brittanje gevind. Sy boeke Betower en Afkop was naaswenners in twee van Lapa Uitgewers se jeugromankompetisies, en hy het al ʼn rits ATKV-Woordveertjies verower. Fanie Viljoen woon tans in Bloemfontein en skryf voltyds.

Ouderdom: 17 jaar en ouer
Prys: R225,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.