Boek: Om ‘genoeg’ te wees – ʼn joernaal vir vroue

Corinne Badenhorst

Is dit nie elke vrou se begeerte in die lewe om net “genoeg” te wees nie?

Mooi, braaf, sterk, sag, geduldig, suksesvol, vrou genoeg…

Dié eienskappe is almal bereikbaar, maar dit is nie die “genoeg” waarvan Corinne Badenhorst, skrywer van Blinkers vir ʼn Blomtuin en arbeidsterapeut, in haar joernaal vir vroueharte praat nie.

Die idee om so ʼn boek uit te gee het ontstaan toe Badenhorst as jong meisie die Meryl Streep-fliek Pay it Forward gekyk het. Sy het daarvan gedroom om eendag ook iets soortgelyks te skryf.

Blinkers vir ‘n Blomtuin is méér as ’n storie-joernaal wat vroueharte toerus om selfondersoek te doen. Dit wek vrae oor die dorings en blinkers wat met alledaagse of “uitskieter-emosies” van die lewe gepaardgaan. Die woorde van die boek word ondersteun deur waterverfsketse en ’n lied genaamd “Blinkerboom” deur Anique Jordaan, ʼn lid van sangduo Kaleidoskoop.

Ons wil nie hê ‘Blinkers vir ʼn Blomtuin’ moet net ‘n boek wees nie: Dit moet ‘n beweging word. Vroue (ma’s, dogters, vriendinne en kollegas) moet dit vir mekaar koop, saam daardeur werk en mekaar ondersteun. Om sodoende hul blinkers te saai in ’n tyd waar elke vrou nodig het om te besef en weet dat sy genoeg is. – Corine Badenhorst en Annique Jordaan

Badenhorst en Jordaan het mekaar ʼn paar jaar gelede ontmoet toe hul paaie danksy Badenhorst se kinderboek Blinkerboom gekruis het. Dié boek het Jordaan geïnspireer om ’n lied met dieselfde naam te skryf, wat eers in September 2020 voltooi is en toe digitaal saam met Blinkers vir ‘n Blomtuin verskyn het. Die lied is bedoel om as  ʼn hulpmiddel vir nadenking saam met die boek gebruik word.

Prys: R220,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Klik hier om die boek aanlyn te koop

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.