Boek: ‘Om te skryf’

Kursusse in die skryfkuns word deesdae oral aangebied: by taaldepartemente aan universiteite en ook deur skrywers self. Maar al wil jy hoe graag die fyner kuns van skryf onder die knie kry, is dit nie altyd moontlik om een van hierdie kursusse by te woon nie. Nou is daar vir jou ’n gids as jy graag in Afrikaans wil skryf.

Hoe leer ʼn mens om te skryf?

Deur oor die skouer van ambagsmense te loer. Bekende Afrikaanse skrywers en joernaliste het meegewerk aan die samestelling van hierdie skryfgids, geskoei op Kane en Peters se klassieke werk Writing Prose. Die uittreksels word beskou as gesaghebbende voorbeelde van goeie skryfkuns met vooraanstaande werke uit die Afrikaanse literatuur wat as basis dien om skrywers te inspireer. Die skryfstukke bestryk ’n hele spektrum van tekstipes:

  • Karaktersketse
  • Outobiografiese tekste
  • Vertellings
  • Beskrywings van plekke en dinge
  • Kommentaar oor idees en oortuigings
  • Oorredingstekste en verslae oor die kunste en media

’n Wye verskeidenheid stylaspekte word van nader beskou. Ná elke stuk volg ’n aantal vrae wat jou prikkel om indringend te kyk na sake soos die moontlike leser en die doelwit van die teks, organisering, sinsgebruik, woordkeuse en ander aspekte wat in die teks na vore kom. Ten slotte word voorstelle vir jou eie skryfwerk gemaak aan die hand waarvan jy jou vaardigheid kan slyp. Die reeks uittreksels is saamgestel uit ’n verskeidenheid voorbeelde om belowende skrywers te steun in die ontwikkeling van hul eie, unieke skryfstyl.

Boek: Om te skryf
Uitgewer: Van Schaik Uitgewers
Prys: R319.00*
*Onderhewig aan verandering

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.