Boek: ‘Om weer te droom’ – Elsa Winckler

Elsa Winckler

Lizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluitklaplys. Hierna probeer sy om alles op die lysie te doen – al is dié gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Lizet se eie drome word in die proses opsy geskuif. Totdat haar broer Evan se lewe met dié van Anya Breedt verstrengel raak. Nou vorm Stephen en sy dogtertjie Soekie deel van familiekuiers.

Stephen spartel om ná sy vrou se dood die balle in die lug te hou. Hy het boonop nie tyd vir die donkerkop met haar blou oë wat hom hinder nie. Soekie mag dalk in Lizet se klas wees, maar hy is vasbeslote om juffrou Vos te vermy. Ná ses maande kan hy egter die uitnodiging om klasbesoek te doen nie verder ignoreer nie.

Vir die lewe om sin te maak moet Stephen en Lizet albei opnuut hulle eie drome ontdek.

Oor die skrywer

Elsa Winckler, ʼn heeltydse skrywer, se eerste liefdesverhaal, Tussen jazz en rock, het in 2008 rooirose en Lapa Uitgewers se liefdesverhaalkompetisie gewen. Sy het ook ʼn ATKV-Woordveertjie vir dié boek ontvang. Daarna het sy dié prys ook ontvang vir Te eenders, te anders (2014), Liefde in laslap (2016) en Blameer die skoenlapper (2019). Sy woon in Bettiesbaai.

Prys: R150,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae