Boek: Omega, oor en uit

Omega-Oor-en-UitFrancois Verster

Van sy eerste dag as nasionale dienspligtige was Francois Verster in die sop weens die “siekverveelde uitdrukking” op sy gesig en sy ingebore rebelsheid. Hy vertel op skreeusnaakse wyse hoe hy basiese opleiding net-net oorleef het om 10daarna uitgeplaas te word na Omega, waar hy moes skoolgee vir Boesmankinders. Op die basis bestaan sy lewe uit ’n kombinasie van aggressiewe korporaals, dodelike verveling en rigiede reels wat geen individualiteit toelaat nie.

Sy kostelike anekdotes word verweef met ’n tweede, ernstiger verhaallyn wat in die hede afspeel en gaan oor Francois se lewe as ’n argivaris in Kaapstad. By die argief moet hy as’t ware ’n tweede keer diensplig doen vir sy land, omdat hy weens regstellende aksie oorgesien word vir bevordering.

Hierdie geensins verromantiseerde storie bied ’n vars hoek op die Grensoorloggenre, maar werp ook lig op die wyse waarop talle Afrikaner-mans in hul middeljare die nuwe Suid-Afrika beleef.

Oor die outeur

Francois Verster is ’n argivaris en skrywer. Hy werk die afgelope tien jaar ook deeltyds as vryskutjoernalis en behartig rubrieke en resensies vir verskeie publikasies soos Litnet en Rapport. Hy is in 1991 aangestel as staatsargivaris en verwerf in 2003 sy doktorsgraad in kultuurgeskiedenis. Sedert 2007 is hy Naspers se maatskappyargivaris.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R200.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

chrisp ·

Baie snaakse titel.
Die oor en uit het nie bestaan nie dit was net oor of uit.

GERRIT ·

Ja maar weereens net een van daardie wat goed skryf en nie regtig deel gehad aan die werklikheid nie. Seker iewers in n kantoor weggekruip en net sit en vet word. Ek kan jou met sekerheid se, vra maar die mense wat die werklikheid ken hulle sal volhartig saamstem.

Francois Verster ·

Die titel, Chris is dubbelsinnig – as verwysend na ‘n militere roepsein en verwysend na ‘n storie wat NA die dienspligtyd voortgaan. Gerrit, jy oordeel die boek en die skrywer sonder dat jy enigiets van albei weet.

Cathy Kotze ·

Die eerste twee kommentators laat my aan die gesegde dink: “Die beste stuurman staan aan wal.” Dis duidelik dat hulle geen idee het van die boek se inhoud nie, maar baie graag ‘n eiertjie wil lê.

Lees eers die boek! Dan kan ons weer praat.

francois verster ·

Dankie Cathy. Ek is veral bly dat Afrikaners oorsee ook die boek lees en dat soveel dames dit lees – ek is verbaas oor die reaksie op Facebook en elders. Ek neem aan nie net oud-dienspligtiges stel belang in wat ongeveer 30 jaar buite EN binne ons grense gebeur het nie, maar ook dat die terugbeskouings in die boek, en waar die huidige politieke situasie bespreek word, relevant genoeg is. Omega gaan eintlik daaroor dat ons stories – oor die oorlog, maar ook ander stories, soos wat sedert 1652 hier gebeur het, belangrik is en daarom behoue moet bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.