Boek: Omvattende swangerskap-, geboorte- en ouerskapgids

Suster-LilianLilian Paramor

Suster Lilian is ’n ervare vroedvrou met praktiese ondervinding van swangerskap, geboorte en ouerskap. In hierdie hoog aangeskrewe gids spreek sy die belangrikste swangerskap, geboorte en ouerskap kwessies in haar sensitiewe maar sinvolle manier aan.

Die inhoud sluit in ‘n stap-vir-stap gids deur elke trimester van swangerskap, ‘n volledige voedingsgids en oefenplan, wenke oor hoe om emosies te hanteer tydens swangerskap, wat om te doen in die geval van ernstige siektes en komplikasies, wat pa moet weet tydens swangerskap en geboorte, hoe om die beste geboorteplan te kies, natuurlike metodes om pyn te verlig tydens geboorte, voeding vir babas en kleuters, gesondheid vir die hele gesin, homeopatiese middels, eenvoudige antwoorde op algemene vrae en nog baie meer.

Hierdie omvattende gids sal jou vertroude metgesel word wanneer jy voor die daaglikse uitdagings van swangerskap, geboorte en ouerskap te staan kom.

Oor die outeur

Suster Lilian Paramor is ’n ervare vroedvrou met uitgebreide praktiese ondervinding van swangerskap, geboorte, kindersorg en ouerskap. Sy en haar eggenoot bedryf die Sister Lilian Centre in Pretoria. Sy is die skrywer van verskeie boeke.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R330.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann Marx ·

Suid Afrika kort nie so ‘n boek nie. Hierdie land se bevolking, wat in 10 jaar met 823% toegeneem het, kort ‘n boek oor hoe om nie meer kinders te verwek nie……

Kobus ·

Ek verskil van jou Johann. Sommige demografieë is aan ‘t krimp. Vir onseker-mammas om hul vrae beantwoord te kry, is baie waardevol.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.