Boek: Omvou deur genade

 omvoudeurgenade.jpgDalene Reyburn

Vandat ons ons oë soggens oopmaak totdat ons dit saans toemaak is die lewe ʼn dolle gejaag. Dit is dus geen wonder dat ons soms uitgeput en totaal oorweldig voel en wonder hoe ons deur die volgende dag gaan kom nie.

Omvou deur genade moedig vroue aan om tot God te nader en die vrede van ʼn toegewyde en standhoudende geloof te leer ken. Die 366 kort maar kragtige oordenkings spesiaal vir vroue op alle vlakke van die samelewing sal jou uitkyk op jou dag verander en jou die inspirasie gee wat jy so nodig het! Dalene Reyburn gesels in hierdie volkleur-dagboek oor temas soos gesindheid, vergenoegdheid, bemoediging, geloof, genade, hoop, vrede, gebed, verhoudings en geestelike groei.

Wees vandag die beste mens wat jy kan wees en vier die lewe! Sien die wonder in die alledaagse en leer om voluit en hartstogtelik vir God te leef terwyl jy omvou word deur sy genade.

Oor die outeur:

Dalene Reyburn is ’n skrywer en spreker en deel weekliks oordenkings. Sy het ʼn meestersgraad in toegepaste taalstudies en was ʼn hoërskoolonderwyseres voordat sy heeltyds ma, skrywer en spreker geword het. Sy en haar man, Murray, en hulle twee seuns woon in Pretoria.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R189,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.