Juliana Nothnagel
Johann Strauss
Ons eie Kleuterbybel is ’n pragtige bundel verhale vir 3 – 8 jariges.
Met 38 verhale uit die Ou Testament, en 29 verhale uit die Nuwe Testament, in duidelike teks, en vrolike deernisvolle illustrasies, is hierdie die een kinderbybel wat in elke huis moet wees.
Die teks, gebede en illustrasies is gemoderniseer van die oorspronklike uitgawe, en steeds skrifgetrou .
Ons eie Kleuterbybel is ’n onontbeerlike toevoeging tot jou kind se geloofsvorming.
Oor die outeurs
Johann het al vier ATKV-veertjies vir sy werk ontvang. Hy is ook in 2014 bekroon met die Media24 boekeprys vir In die land van Pamperlang. Johann woon in Pretoria.
Juliana Nothnagel is ’n gekwalifiseerde kleuteronderwyseres met verdere kwalifikasies in Drama, Kunsgeskiedenis, Remediëring en Sielkunde. Sy het meer as 30 jaar ondervinding in Remediërende onderwys en berading. Sy woon tans in Kaapstad.
Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R200,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Kleuter dogma vorm `n belangrike deel van godsdiens opleiding. Daar sonder kan `n kind se verstand so vêr afdwaal dat dit hom of haar uiteindelik in staat stel om kritiese vrae te vra en dalk die horde tekortkominge van godsdiens leer raak te sien.
Maar indien die woord van god reeds op kleuter ouderdom ingesmokkel word sonder enige wetenskaplike insae, dan is daar `n beter kans dat die gevolglike volwasse person totaal godsdienstig sal wees.
Presies net soos wat Liewe Jesus dit wil hê.