Boek: ‘Ons Karoo’ – Deon Meyer, Coenie de Villiers

Die bekroonde spanningskrywer Deon Meyer en musiekgenie Coenie de Villiers se jongste boek, Ons Karoo, het pas verskyn. Dit volg op die eerste Karoo-boek wat in 2018 uitgegee is.

Ons Karoo verskyn in twee uitgawes: ʼn standaard- en spesiale uitgawe, wat luuks verpak word en gratis toegang tot albei vertonings van die Karoo Suite-produksies insluit. Die boek bevat die volgende:

  • Albei uitgawes van die boek is in vier gedeel: Hemel, Aarde, Hart en Siel.
  • Deon Meyer se 14 Karoo-verhale uit albei vertonings.
  • Wêreldgehalte-fotografie deur Sarel van Staden en Maryna Cotton, die fotograwe wat onder meer die voorblad vir die internasionale uitgawe van National Geographic geskiet het.
  • ʼn Hoofstuk deur sterrekundige prof. Matie Hoffman, onder meer bekend vir die program Sterre en Planete.
  • Johann Kirsten en prof. Bruce Rubidge, gevierde paleontoloog, gee insette oor die oergeskiedenis, potensiaal en ekostelsel van die Karoo.
  • Zahn Hulme van die Atterbury-trust vertel hoe die projek lewens verander het.
  • Medewerkers se gunsteling-Karoo-resepte, van lamsvleis en volstruis, tot keurige bykosse en ʼn melktert- en boerbeskuitresep so outentiek soos die vlaktes.
  • ʼn Bonus-bydrae deur Jan Hendrik van der Westhuizen, die gesogte internasionale uithalerkok wat spog met ʼn Michelin-ster. Hy deel sy resepte vir skaapstertjies en mieliepapvingers.

“Karoonag” is deur Coenie de Villiers geskryf en die fotografie is deur Sarel van Staden en Maryna Cotton van die National Geographic-span. (Grafika: Verskaf)

Ons Karoo word weer in samewerking met die Atterbury Trust uitgegee en die wins word aan jongmense van die Karoo geskenk om hulle by te staan om hul potensiaal te verwesenlik. Die boek is slegs aanlyn beskikbaar en kan bestel word by www.karoosuite.co.za/produkte/. Vir meer inligting, stuur ʼn e-pos na [email protected] of besoek die Karoo Suite-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.