Boek: Ons twee saam

Ons_twee_saam.jpgAngus Buchan

Ons twee saam is die eerste boek deur die bekende skrywer en evangelis Angus Buchan wat spesifiek vir paartjies geskryf is. Angus deel sy perspektief op die huwelik en hoe om hierdie Godgegewe seëning te waardeer en te beskerm – iets wat hy al meer as 40 jaar saam met sy vrou, Jill, doen.

Onderwerpe wat bespreek word, sluit in die kuns van hoflikheid, konflikhantering, bestuur van finansies, respek vir jou huweliksmaat, hoe om jou kinders groot te maak, dissipline in die huis, om ’n goeie voorbeeld te stel en om tyd saam met mekaar deur te bring.

In Ons twee saam sal lesers goddelike wysheid en bemoediging vind wat hulle sal inspireer om hulle huweliksmaat te waardeer en om aan ’n huwelik te werk wat ’n leeftyd sal duur.

Oor die outeur:

Angus Buchanhet die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R99.95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.