Boek: ‘Ontdek: Die oseaan’

Ontdek: Die oseaan gee nuuskierige agies die kans om alles oor die oseaan te leer. Die inhoud sluit onderwerpe in soos oseane van die verlede en vandag, golwe en die weer, sand en modder, seebeddings, rotse onder en bo water, lewe op koraal, roofdiere, aanval en verdediging, beweging, die bodem, duikbote, visvang en oseaanprodukte, olie en gas.

Die boek sluit met ’n Het jy geweet?-afdeling, wêreldoseane, plekke om te besoek en ’n woordelys af.

Oor die skrywer

Dr. Miranda MacQuitty is ’n skrywer en onafhanklike konsultant vir museums, wetenskapsentrums, besoekeraantrekkingspunte, tuine, dieretuine en akwariums. Sy is ook die skrywer van topverkoper-kinderboeke en het al gidsboeke geskryf vir die Natuurhistoriese Museum in Londen en die Koninklike Botaniese Tuine in Kew, Engeland.

Hier volg ’n voorsmakie uit Ontdek: Die oseaan. Die gedeelte is goedgunstig deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers, verskaf:

‘n Illustrasie uit ‘Ontdek: Die oseaan’ (Verskaf deur Human & Rousseau)

Ouderdom: Nege tot 12 jaar
Prys: R185,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.