Boek: ‘Ontdek: Insekte’

Ontdek: Insekte gee nuuskierige agies die kans om alles oor insekte te leer. Die inhoud sluit onderwerpe in soos die dele van ’n insek, wat ’n insek is, die eerste insekte, kewers, vlieë, skoenlappers en motte, wantse, wespe, bye en miere, ander insekte, vyande, insekte in die water, hoe neste gebou word, miere, heuningbye en korwe.

Die boek sluit met ’n Het jy geweet?-afdeling, insekklassifikasie, plekke om te besoek en ’n woordelys af.

Oor die skrywer

Dr. Laurence Mound het sy eerste akademiese kwalifikasies by die Universiteit van Londen ontvang. Hy het al verskeie boeke en artikels gepubliseer en bied ’n verskeidenheid lesings aan. Mound woon in Australië.

Hier volg ’n voorsmakie uit Ontdek: Insekte. Die gedeelte is goedgunstig deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers, verskaf:

‘n Illustrasie uit ‘Ontdek: Insekte’ (Verskaf deur Human & Rousseau)

‘n Illustrasie uit ‘Ontdek: Insekte’ (Verskaf deur Human & Rousseau)

Ouderdom: Nege tot 12 jaar
Prys: R185,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.