Boek: Ontdek jou lewensdoel

Ontdek-jou-lewensdoel_OMSLAG.jpgFrans Cronjé

As Christen wil jy graag jou hemelse Pa trots maak. Hoe doen jy dit? Deur liefde vir Hom en vir jou naaste. Daarom moet jy doelwitte stel om ander te dien en nie om jou eie sak en ego te pas nie.

Jy het unieke vaardighede, talente en gawes gekry wat jou identiteit help bepaal. Die oomblik dat jy dit begin gebruik, begin jy jou roeping uitleef. Dít is jou sleutel tot sukses.

Jy kry egter nooit sommer net ’n quick fix nie. Jy moet nog steeds keuses maak, maar jy mag nie ander vir jou besluite blameer nie.

Ontdek jou lewensdoel gee nie vir jou ’n lys van dinge wat jy moet doen om ’n goeie man te wees nie. Dit help jou om jou hart en die passie wat God in jou geplant het, weer te ontdek. Só kan jy die lewe leef wat spesiaal vir jou beplan is.

Hierdie is nie ’n boek met instruksies nie. Dit bestaan uit 30 eerlike en eenvoudige lesse wat Frans in sy lewe geleer het en wat hom gehelp het op sy pad na sukses. Hy gesels diep uit sy hart en met eerlikheid en humor met jou as man. Die stories sal jou inspireer, amuseer, motiveer en leer. Met elke bladsy wat jy omblaai sal jy besef: Ons is almal maar net onvolmaakte mense.

Al is jy nie perfek nie kan jy nog steeds jou drome bewaarheid en ’n waardevolle bydrae maak vir jou gesin en die wêreld.

Oor die outeur

Frans Cronjé is pa, vriend, skrywer, rolprentvervaardiger, akteur en sakeman. Hy is bekend vir die fliek Faith Like Potatoes, asook Hansie, Destined to Win en The Roar. Hy het ’n groot passie vir fietsry en om die wêreld plat te reis.

Uitgewer: Carpe Diem Media
Prys: R129.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mark ·

Vanaand na Frans en n paar ander sprekers geluister in Vanderbijlpark. Dankie vir die inspirerende boodskappe. Kan nie wag om die boek te koop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.