Boek: Ontmoet ʼn donsklos en zatjie in die Bullebakke se avonture

Aaron Blabey

Die Bullebakke – Episode 3: Die donsklos neem wraak

Die Bullebakke wil steeds helde wees, maar hierdie keer bevind hulle hulself in ’n penarie. Hulle het met die verkeerde marmotjie gemors! Hoe gaan hulle uit ’n REGTE BULLEBAK se kloue ontsnap? As hulle net kan saamwerk en ophou om mekaar te wil probeer eet! Boonop agtervolg ’n geheime ninja hulle…

Die Bullebakke – Episode 4: Die zatjies val aan

Marmelade, die bose marmotjie, het die hele wêreld in gevaar gedompel met behulp van sy weermag van zombie-katjies! Die Bullebakke sien dit as nog ’n geleentheid om hulle heldhaftigheid te bewys. Gelukkig voer hulle nie alleen die stryd teen die wollerige miaaumonsters nie. Hulle jongste lid is nie net mooi nie (ja, Meneer Wolf kan sy oë nie van haar afhou nie!) sy besit ook allerhande cool vegvaardighede!

Oor die skrywer

Aaron Blabey is van Australië en is die skrywer en illustreerder van ’n hele klomp populêre kinderboeke, onder meer twee top-verkoperreekse, Pig the Pug en Bad Guys. Albei dié reekse is reeds in etlike tale vertaal en in meer as 25 lande uitgegee. Aaron het ’n stapel vol pryse ingepalm, onder meer die Indie Book Award for Children’s Book of the Year, Book of the Year-toekenning, twee Australian Book Design-toekennings, vier Koala-toekennings en hy hou die titel van Australiese Literatuurambassadeur. Hy woon in Sydney.

Oor die vertaler

Kobus Geldenhuys is die vertaler van Die twee torings en Die koning keer terug, en is bekend vir sy kinderboek­vertalings van outeurs soos JK Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat, en in 2018 vir MG Leonard se Kewerknaap. In 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het.

Ouderdom: Sewe en ouer
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.