Boek: Ontsluit die Bybel

Ontsluit-die-Bybel.jpgStephan Joubert en Leonard Maré

Ontsluit die Bybel is ’n omvattende Bybelreis van Genesis tot Openbaring deur bekroonde skrywer Stephan Joubert saam met Leonard Maré. Dié Bybelstudie bou voort op Stephan se uitstekende publikasie Ontsluit die Nuwe Testament. Ontsluit die Bybel bied die 95 studies oor die Nuwe Testament wat apart verskyn het, en 71 splinternuwe studies oor die Ou Testament saam in een bundel.

Deel 1 van hierdie boek bespreek: “Hoe verstaan en gebruik ons die Bybel reg?” Daarna volg die fokus op die Bybel self in Deel 2 (Ou Testament) en Deel 3 (Nuwe Testament). Die Ou en Nuwe Testament word vir die leser uitgelê deur die volgende te bespreek:

  • Die ontstaansituasie
  • Die opbou of verhaal
  • Uitbeelding van die hooffigure en/of die hooftemas
  • ’n Reis deur die boek

Ontsluit die Bybel begelei die leser in meer as 160 dele om self dieper te delf ten einde die onderskeie Bybelboeke se teologie, opbou, inhoud, doel, verhaalgang en styl te ver-staan.

Oor die outeurs:

Stephan Joubert is ’n spreker, prediker, leierskapkonsultant en skrywer. In 2010 is een van sy boeke, Jesus – ’n radikale sprong, bekroon met die Andrew Murray-prys. Stephan is buitengewone professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat, ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, en is ook redakteur van ’n groot e-kerk op die internet.

Leonard Maré is buitengewone professor in Ou Testament aan die Noord-Wes Universiteit, hoof van die Departement Ou Testament aan die Aucklandpark Teologiese Seminarium en ’n bedieningsleier by die Mosaïek Gemeente in Fairlands.

UITGEWER: CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY
PRYS: R299.95*
*PRYS ONDERHEWIG AAN VERANDERING

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.