Boek: Onverskrokke: Bewakers van die veld

Jan Roderigues

Jan Roderigues deel die ware verhale wat hy opgeteken het toe hy as senior verslaggewer by die Nasionale Parkeraad gewerk het. Deurwinterde veldwagters het van hul interessantste ervarings in onder meer die Kalahari-Gemsbokpark en die Nasionale Krugerwildtuin aan hom vertel.

Onverskrokke: Bewakers van die veld is ’n ideale geskenk vir diegene wat die buitelewe waardeer en graag oor die natuur lees. Stories word in ’n ligte trant met heelwat humor én spanning vertel. Dis leersaam en nie te akademies van aard nie.

Oor die skrywer
Roderigues is ’n boorling van Viljoenskroon in die Vrystaat waar hy sy skoolloopbaan voltooi het. Nadat hy 13 jaar in die destydse Suid-Afrikaanse Polisie gedien het, het hy verslaggewer by ’n Pretoriase dagblad geword en amper ewe lank daar as in die polisie gedien. In 1983 is hy aangestel as senior verslaggewer by die Nasionale Parkeraad, waar hy later redakteur van hul interne publikasie geword het. Sy eerste publikasie by Protea Boekhuis, Ongeslyp, is in 2019 uitgegee.

Genre: Niefiksie
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R200,00*

*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.