Boek: ‘Onverskrokke vroue’ – Bettina Wyngaard

Bettina Wyngaard

Waar hoort vroue in die samelewing? Hul rol as versorgers word geredelik erken, maar wat van die openbare sfeer – waar hoort vroue in die kerk, die politiek, die sakewêreld, sport en wetenskap? Was dit altyd so, of het dié rol oor die jare verander?

Bettina Wyngaard, aktivis en regsgeleerde, ontleed dié kwessie in ʼn gesprek tussen die Bybel en Suid-Afrika se Grondwet. Sy kyk spesifiek na die sogenaamde tekste van verskrikking (“texts of terrors”) in die Bybel. Hoe moet ons dit verstaan? Het vroue in Bybelse tye dinge dan anders beleef as ons vandag? En hoe staan dit vandag met vroue – as versorgers in die Covid-19-pandemie, as leiers in die kerk, as huiswerkers? En wat van seksuele teistering by die werk, transgenderregte en hutsmerk-aktivisme?

Onverskrokke vroue bied ʼn omvattende, deeglik nagevorste en indringende blik op aktuele vrae waarmee ons daagliks worstel. Terselfdertyd vier dit vroue se moed en sal jou nie net diep laat dink nie, maar ook opnuut inspireer.

Oor die skrywer

Wyngaard het op Grabouw skool gegaan en haar LLB-graad aan die US voltooi. Sy word die eerste vrou wat ʼn regspraktyk op Grabouw begin, maar verlaat die regsberoep om voltyds te skryf. Sy het vier fiksietitels agter haar naam en haar debuut is met die Jan Rabie-prys vereer. Wyngaard skryf vir Litnet en is ʼn lid van die Andrew Murray-pryskomitee.

Prys: R250,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.