[Boek] Oor berge en dale

Jackie Grobler

Daar is nie ’n grondpad te sinkplaat, plaasdraad te hoog of aanwysings te gebrekkig om Jackie Grobler te keer nie. As hy eers ’n monument in sy visier het, sal hy dit vind.

In hierdie boek reis hy oor berge en dale van Lichtenburg in Noordwes tot die heuwels van Tabankulu in die Oos-Kaap op soek na interessante monumente en gedenkplekke.

Van die monumente is bekend en vertel van groot keerpunte in ons geskiedenis. Ander is weggesteek en bring onbekende verhale in die lig. Grobler reis onder meer op die spoor van Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal gaan hy na die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog en hy besoek ook struggle-gedenkplekke. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts.

In die Vrystaat soek hy na oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy af op monumente aan ’n Anglo-Boereoorlogkanon (die Long Tom). Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers.

Elke provinsie sal ’n kaart hê wat die monumente aandui. ’n Boek vir liefhebbers van die langpad én vir leunstoelreisigers.

Oor die outeur:
Jackie Grobler is die skrywer van die topverkoper The War Reporter, wat reeds agt keer herdruk is, asook die Afrikaanse vertaling, Oorlog-Beeld (2014). Voor sy aftrede in 2016 was Grobler vir bykans vier dekades ’n dosent in geskiedenis en in erfenis- en kultuurtoerisme aan die Universiteit van Pretoria.

Dertien boeke oor uiteenlopende onderwerpe het al uit sy pen verskyn. Grobler is ’n aktiewe lid van verskeie organisasies, waaronder die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en ’n direksielid van die Voortrekkermonument-maatskappy.

Uitgewer: JonathanBall Publishers
Prys: R230-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke vir slegs R184-00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.