Boek: Oor die avonture van Lionel Afrika

Theresa van Baalen

Die dag toe die aliens gekom het, het doodgewoon begin.

Lionel Afrika sou daardie oggend nooit kon raai dat hy en sy beste vriend, Mitch, teen die aand op ʼn ruimtereis sou gaan nie. Nog minder het hy geweet dat hulle paaie baie ure later sou skei, en dat hy alleen op ʼn vreemde plek in die middel van die kosmos sou agterbly.

Maar gelukkig is hy nie heeltemal alleen nie. Grol en Slom, die twee Anuras wat hom aan brulpaddas herinner, ontferm hulle oor hom en maak dit hul missie om hom te beskerm. Hulle sal nie rus voor hy sy vriende weer gevind het nie. En so begin die grootste avontuur van Lionel se lewe.

Z-A-K: Die avonture van Lionel Afrika is die derde boek in Theresa van Baalen se Z-A-K-reeks en dit volg op Z-A-K: Die reis na Zenkion en Z-A-K: Die Blou Planeet.

Oor die skrywer

Van Baalen se eerste twee prenteboekpublikasies, Aspris-krokkedis en Karla Krullebol, is albei met ATKV-kinderboektoekennings bekroon. Aspriskrokkedis het ook in 2012 die Tienie Holloway-medalje vir kleuterliteratuur ontvang. Van Baalen is veral bekend as skrywer van die gewilde Sanri Steyn-reeks. Sy het al in ander genres ook geskryf, maar kinderstories sal altyd haar eerste liefde wees. Sy het onlangs begin om haarself te leer kitaar speel, maar sal liewer nie haar rekenaar permanent vir ʼn kitaar verruil nie.

Prys: R190,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.