Boek: ‘Oor en weer’ – Trisa Hugo en Analize Viljoen

Trisa Hugo en Analize Viljoen

Die dag toe Billie by Amandelboom 6 intrek, kon nie sy óf Manda, wat oorkant die straat in nr. 9 woon, voorsien hoe verstrengel hulle lewens sou raak nie. Manda en Billie is so verskillend soos Antarktika en die Sahara. Inkennige Manda voel op haar veiligste in haar huis met haar kat, Jasmyn, as geselskap.

Billie, aan die anderkant, is net so energiek soos haar hond Tequila. Sy is pas geskei en dolverlief op ’n Irakese vrou, Amani. Uit blote misverstand tussen die troeteldiere begin Billie en Manda oor en weer kuier. En in die proses leer hulle dat die liefde ’n duisend vorme aanneem, dat dit moed verg om weerloos te wees, en dat vriendskap oneindig kosbaar is.

Oor die skrywers

Trisa Hugo het na ’n verskeidenheid beroepe in Kleinmond beland waar sy ʼn gastehuis bedryf. Hoewel sy ’n paar grade en diplomas langs die pad verwerf het, teken sy nou prentjies met ’n stokkie op die strand wat dan waar word. Sy skryf die stories wat haar karakters aandring vertel moet word.

Nadat Analize Viljoen in vyf lande gebly het, is sy nou gevestig in haar klein huisie op ’n plot in Gordonsbaai. Sy skryf, kook kos van oral oor die wêreld en put vreugde uit haar mense, haar honde en die see. Sy kan nie ’n tyd in haar lewe onthou wat sy nie geskryf het nie.

Hugo en Viljoen bedryf Boekemakranka saam waar hulle met skrywers oor boeke praat.

Prys: R250,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.