Boek: Oor kopstukke, hartsake en ʼn kerkalmanak

In Glo-stories kry jy twee unieke stemme in een boek: Dana Snyman, ʼn storieverteller, en Nadia Marais, ʼn dominee wat sistematiese teologie doseer.

Twee van Kerkbode se gewildste stemme in ʼn medium wat nie so vlietend soos die slimfoon of frommelbaar soos die papierkoerant is nie.

Marais vertel oor die doel met haar rubriek: “Ek probeer elke keer in ʼn positiewe trant skryf. My doktorsgraad het gegaan oor wat dit beteken om te floreer. Dus, wat die goeie nuus is, wat dit beteken om gelukkig te wees … My bedoeling is om in elke rubriek te vra waar die flourishing is.”

Snyman lag wanneer hy vertel dat hy weet sommige mense in literêre kringe mag dalk hul oë rol omdat hy deesdae vir Kerkbode skryf.

“Maar ek steur my nie daaraan nie, want dis nie die waarheid nie. Ek wil eintlik maar net stories vertel. Stories is groter as mense … Jesus het stories vertel,” sê hy.

Glo-stories het by Bybel Media verskyn en dit kos R140 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.