Boek: Oor Vuil Ferdie en sy manewales

Ontmoet Vuil Ferdie, ʼn seun wat daarvan hou om in sy neus te grou! Hy voer vreemde planne in die mou en is gereeld in die moeilikheid.

Burp!
Lees in hierdie storie hoe Ferdie ʼn aaklige skool ete hou; sy hond vir honde-opleiding vat en seker maak sy sussie se partytjie loop skeef…

Eeuw!
In dié boek kan jy lees hoe Vuil Ferdie sy stinkerige hond probeer bad, sy juffrou groot laat skrik op ʼn skooluitstappie en hoe Ferdie dit skelm regkry om self hand by te sit in die ontwerp van die nuwe skooluniforms.

Kieme!
Vuil Ferdie is terug met nog planne! In Kieme! probeer Ferdie om sy sussie se siekte aan te steek, saam met Ouma by ʼn kompetisie te dans en om kragte te meet met die nuwe kinderoppasser wat selfs grilleriger as hy is.

Die Vuil Ferdie-reeks is deur Jaco Jacobs na Afrikaans vertaal. Dit is deur Alan Macdonald geskryf.

Oor die vertaler

Jaco Jacobs is die gewilde skrywer van talle bekroonde topverkoperboeke vir kleuters, kinders en tieners. Onder Jaco se talle bekronings tel die Tienie Hollowaymedalje, die Alba Bouwerprys, die Elsabe Steenbergprys, die MML-letterkundeprys en 26 ATKV-Kinderboektoekennings. Jacobs woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy twee dogters, Mia en Emma, drie honde, ʼn kat en ʼn troetel-luislang.

Prys: R150,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.