Boek: Oorlog en terpentyn

Oorlog-en-terpentynStefan Hertmans

Kort voor sy dood in die 1980’s gee Stefan Hertmans se oupa aan sy kleinseun ’n paar volgeskrewe ou dagboekies. Jare lank durf Hertmans dit nie oopmaak en lees nie – tot op ’n dag dat hy dit wel doen en meer as een geheim daarin ontdek. Hy lees van sy oupa se armoedige kinderjare in Gent voor 1900, van sy gruwelike ervarings as frontsoldaat in die Eerste Wêreldoorlog en ’n vroeg gestorwe groot liefde. Ná die oorlog sit sy oupa sy lewe voort deur sy verdriet te probeer wegskilder. Stefan Hertmans se jare lange fassinasie met sy oupa se lewe bring hom uiteindelik tot die skryf van hierdie roman.

Oor die outeur

Stefan Hertmans (1951) publiseer verhale, essays en ’n groot aantal digbundels. In 1995 ontvang hy die Driejaarlikse Prys van die Vlaamse Gemeenskap vir die digbundel Muziek voor de overtocht (1995). Sy roman Naar Merelbeke word genomineer vir die Libris Literatuur Prijs, die roman Gestolde wolken word bekroon met die Multatuli-prys en Als op de eerste dag kry die F. Bordewijk-prys.

Oor die vertaler

Daniel Hugo is ’n voltydse vertaler, skrywer en redigeerder. Hy is ’n gerekende digter met 14 poësiebundels op sy kerfstok. In 2014 ontvang hy die Akademie vir Wetenskap en Kuns se prys vir die vertaling van Sprakeloos (2011) van Tom Lanoye.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R275,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.