Jan Terlouw
Dit is die yskoue winter van 1944/1945. Die Tweede Wêreldoorlog woed nog en Nederland ly onder die Duitse besetting.
Die 15-jarige Michiel kan nie wag tot hy oud genoeg is om aan die ondergrondse versetsbeweging deel te neem nie. Wanneer Dirk, hulle bure se seun, hom vra om ’n brief af te lewer voel hy dat hy uiteindelik ernstig opgeneem word. Maar Dirk word gearresteer en die persoon aan wie hy die brief moet besorg, word deur die Duitsers doodgeskiet. Gaan Michiel die brief oopmaak en die verantwoordelikheid van die opdrag daarin aanvaar?
Oor die outeur
Jan Terlouw (1931–) het in 1970 gedebuteer as jeugboekskrywer. Hy was die leier van D66, ’n liberale linksgesinde party in Nederland. Hy het ’n opwindende en lewendige skryfstyl en, gekoppel aan sy sosiale bewustheid, skep hy magiese werke wat aansien en gewildheid geniet. Hy is reeds twee maal met De Gouden Griffel-prys bekroon.
Oor die vertaler
Daniel Hugo was ’n spesialisomroeper by Radiosondergrense en verantwoordelik vir die literêre program “Leeskring”. Hy is ’n gerekende digter met 14 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R160.00*
*Prys onderhewig aan verandering
Daar is ‘n pragtige Nederlandse rolprent hieroor gemaak met dieselfde titel. Dit is beskikbaar op DVD met ondertitels. Hulle is orals in die video-winkels te koop in Nederland. En op ‘n meer persoonlike vlak — werklik Maroela Media julle automatiese reaksie as ‘n mens vergeet om die e-posadres in te vul van ‘Jammer Jong”… ag nee wat — ek is nie ‘n jong nie en dit is beledigend. Julle probeer nou werklik ‘modern en jeugdig’ wees maar dit laat my ou grys hare regop staan.