Boek: Oorsee – ‘n drama

oorsee 'n drama 2

Tertius Kapp

Hulle het deur die woesterny geswerwe op soek na nuwe weiveld vir hul skaap en bees. Na baie jare het hulle gekom in die land wat aan hulle gebelowe is deur Die Asem op die Water. Maar die Vuur onder die Aarde het die versoeking oor hulle pad gebring. Hulle het ʼn goue kalf gebou en hulle wette het gedwaal van die Asem op die Water. Lord Skietsinne het die hele donnerse oond aan die brand loop steek. Die Asem op die Water het dit laat reent en reent, sodat daar ʼn groot see tussen hulle en ander volke gekom lê het. Maar toe raak die Fabelberg te klein vir al die volk.

In Tertius Kapp se nuwe komedie bevind herkenbare vreemdelinge hulself op ’n onwaarskynlike skuit. Die skeurbuik knaag, maar daar is darem nog af en toe iets om te braai, en algmampoer vir koerasie.

Oor die outeur
Tertius Kapp het met sy debuut as dramaturg reeds die magiese formule vir aangrypende teater baasgeraak. Sy werk verken dikwels omstrede onderwerpe en getuig van ’n onkonvensionele perspektief op die teater-medium.
Hy bestee ’n aantal jaar in die TV-bedryf en is tans ’n dosent aan die Departement van Nederlandse en Suid-Afrikaanse Studies aan Adam Mickiewicz Universiteit in Poznań, Pole. Vir Rooiland het hy twee Fiesta-toekennings gewen, sowel as die Smeltkroes-prys by Clover Aardklop.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R175-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.