Boek: Op die spoor van – speurverhale deur topskrywers

Rudie van Rensburg

In hierdie boeiende versameling kortverhale waag 14 Afrikaanse skrywers hul hand aan die speurverhaal-genre. ‘n Reeks geslepe misdadigers kom te staan teen hul eweknieë aan die ander kant van die gereg: polisiemanne, privaatspeurders of net doodgewone mense in ongewone omstandighede. Met verhale deur o.a. Karin Brynard, Kerneels Breytenbach, Bettina Wyngaard, Martin Steyn, Nathan Trantraal en Deborah Steinmair. Saamgestel deur Rudie van Rensburg.

Lees ‘n uittreksel uit die boek.

Oor die samesteller

Rudie van Rensburg is in Bloemfontein gebore. Hy begin sy loopbaan as joernalis by Volksblad, was medestigter en uitgewer van Bloemnuus, en later redakteur van Die Ekonoom. In 1987 verhuis hy Kaap toe. Rudie se skilderye is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika en oorsee. Sy romans is Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana en Kamikaze.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.