Die waters om die Suid-Afrikaanse kuslyn word as van die gevaarlikste ter wêreld beskou. Wisselvallige weerstoestande, sleurstrome en fratsgolwe is van die dinge wat mense in lewensgevaar laat beland.
Hierdie boek bevat ʼn versameling van die NSRI se mees gewaagde reddings ter ere van die instituut se 50ste bestaansjaar. Dié stories dek alles van brandende skepe tot haai-aanvalle, van sinkende vistreilers tot hallusinerende vissermanne.
Ongeag die gevaar, is die dapper vrywilligers van die NSRI egter altyd bereid om hul eie lewens op die spel te plaas om ander te red.
“Dié boek is maar ʼn klein huldeblyk aan soveel vrywilligers wat oor vyftig jaar ontsaglik onselfsugtige bydraes gemaak het om Suid-Afrikaanse lewens in strawwe omstandighede op ongunstige vaarwaters te red. Ons salueer julle.”
– Dr. Cleeve Robertson, uitvoerende hoof van die NSRI
Oor die outeur:
Tony Weaver is ʼn veteraanjoernalis en voormalige assistent-redakteur van die Cape Times. Hy is ʼn jarelange bewonderaar en vriend van die NSRI.
Die NSRI is ʼn liefdadigheidsorganisasie wat lewens op Suid-Afrikaanse waters red en enige mens of dier in nood help. Tans het die NSRI meer as 1 000 bemanningslede, almal onbetaalde vrywilligers.
Uitgewer: Jonathan Ball Publishers
Prys: R240-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke of Takealot