Boek: ‘Op pad deur Betlehem’ – Engela Linde

Engela Linde

Op pad deur Betlehem gee ’n geheelbeeld van die Bybel en die Bybelse boodskap deur elke Bybelboek te bestudeer. Engela Linde sluit ook inligting uit haar navorsing van buite-Bybelse bronne in wat die Bybelstudies interessant en relevant maak. Elke oordenking begin met ’n teksvers, eindig met ’n kort gebed en is in grootdrukformaat.

Oor die skrywer

Linde is ’n predikantsvrou en skrywer met ’n meestersgraad in Afrikaanse letterkunde. Benewens haar eie skryfwerk het Linde skryfonderrig gegee, as verhaleredakteur by ’n tydskrif en as redakteur by ’n Pretoriase uitgewer gewerk. Sy woon teen die Magaliesberg, van waar sy ’n voltydse skryfkantoor bedryf.

Prys: R220,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.