Boek: Op soek na God se hart

https://maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2014/11/Op_soek_na_God_se_hart_boek.jpgLindie Strydom

Ons lewe lank leer ons om ons oë op die wenpaal, die eindpunt te hou. Met Op soek na God se hart kom keer Lindie Strydom hierdie beginsel op sy kop.  Sy sê waar bekering en “jou hart vir die Here gee” vir baie mense die einddoel is, voel sy dit is eintlik die wegspringplek. Hiér begin ’n leeftyd van nader aan die Here leef en werklik sy hart leer ken.

Hierdie bekende aktrise en aanbieder van Geloof, Hoop en Liefde deel die insig wat sy gekry het op haar reis op soek na God se hart. In hierdie tweekleurboek bespreek sy temas soos verhouding met God, eienaarskap, roeping, dissipelskap, gemeenskapbetrokkenheid, gee en omgee. Een van haar kernpunte is dat ons nader aan God moet kom sodat ons verder kan gaan in die uitlewing van ons Christenskap.

Op soek na God se hart vertel hoe die lewe lyk van iemand wat werklik ernstig op soek is na God se hart.

Oor die outeur:

Lindie Strydom is ’n bekende radio- en TV-persoonlikheid. Sy is al vir meer as ’n dekade ’n motiveringspreker. Sy is getroud met Johann Strydom en die ma van drie kinders, Paul, Hugo en Nina.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R119.95*
Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.