Boek: Op soek na Jesus

Op soek na Jesusdeur Neels Jackson

Wie is Jesus regtig? Dit is die vraag wat in baie mense se koppe is – gelowiges én soekendes. Bekroonde joernalis (voorheen van Beeld) en redakteur van Kerkbode, Neels Jackson, volg in Op soek na Jesus ʼn unieke benadering… Dit is 20 eeue gelede, en ʼn ondersoekende joernalis sit in sy koerantkantoor in Jerusalem. Hy hoor gerugte van ʼn man wat wonderwerke doen en siektes genees. Hy wil weet wie dié man is en begin ondersoek doen en berigte skryf. Jare later sit dieselfde man en terugkyk oor die dinge wat hy geskryf het. Die leser blaai saam met hom deur sy koerantberigte om sin te maak van wie Jesus werklik is. Leer ken Jesus soos nog nooit tevore nie. Op soek na Jesus is soos elkeen se eie innerlike soektog na wie Jesus werklik is. Dié boek sal lesers laat nadink oor die nuuswaardigste Man ooit.

Oor die outeur:
Neels Jackson het ʼn honneursgraad in Afrikaans letterkunde by Tukkies verwerf. Na twee jaar as dienspligtige met godsdiensbesware en nog drie jaar en vyf maande in die onderwys het hy in Junie 1990 by Beeld begin werk, waar hy vir meer as 23 jaar gewerk het. Hy het die grootste deel van sy joernalistieke loopbaan aan verslaggewing oor kerksake gewy en het hom as spesialis op die terrein ingegrawe. In 2013 ontvang hy ʼn spesiale Andrew Murray – prys vir sy spesialis – godsdiensverslaggewing. Neels is vanaf 1 Desember 2013 redakteur van die Kerkbode. Hy is getroud met Louise en het twee dogters, Christi en Riana.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R139-95*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.