Boek: Op vlerke van geloof

Op-vlerke-van-geloof.jpgRiekert Botha

Jesus – die Een wat die onbaatsugtigste opoffering ooit gemaak het sodat óns die ewige lewe kan geniet. Maar ken ons Hom werklik en weet ons hoekom Hy gedoen het wat Hy het?

In Op vlerke van geloof breek Riekert Botha die Woord oop sodat ons Jesus – die kern van ons geloof – werklik kan leer ken. Deur die loop van 366 dae bied hy antwoorde op vrae soos: Wie is Jesus? Hoe lyk Hy? Hoe werk Hy? Hoe beleef ek Hom? Hoekom werk Hy soos Hy werk? Op sy kenmerkend gemaklike styl bied Riekert ’n vars perspektief op ’n verskeidenheid kwessies rondom Jesus se lewe en werk.

Bring elke dag tyd saam met Jesus deur, leer ken Hom en ervaar hoe jou geloof vlerke kry.

Oor die outeur:

Riekert Botha is ’n tentmakerleraar en was voorheen leraar van die Baptiste-gemeente op Vredendal in die Wes-Kaap. Riekert beskik oor die grade BTh (honneurs) van die Global University en ’n MTh van die Northwestern Theological Seminary, waar hy ook sy PhD in berading ontvang het. Riekert is die skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks. Hy is getroud met Pippa en hulle het drie kinders.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R249,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.