Boek: ‘Opdrifsel’ – Phillip Rademeyer

Wat doen twee ouers ná die verlies van hul enigste kind?

In Opdrifsel word ʼn egpaar, Mara en Bernard, se lewe uitmekaar geskeur wanneer hul enigste kind, Dylan, sterf. Hulle rou op verskillende maniere en sukkel om mekaar te verstaan en te ondersteun. Hulle het baie vrae, maar geen antwoorde nie. Daar is verwyte, woede, hartseer, beskuldigings, en toe deure. Daar is die eerste Kersfees sonder Dylan, die eerste herdenking van sy dood, hul vriende wat nie weet wat om te sê nie.

Phillip Rademeyer se Opdrifsel is ʼn verhaal oor twee mense wat hulself én mekaar in die donker gat van rou verloor, en weer moet vind. In 2021 het die gelyknamige toneelstuk die Opwip-Aardklop-prys gewen vir beste aanbieding.

Oor die skrywer

Rademeyer is ʼn bekroonde dramaturg, regisseur en ontwerper. Sy werk word gereeld by verskeie feeste en teaters oor die hele Suid-Afrika opgevoer. Hy het ook al vir radio en televisie geskryf en sy rolprentdebuut gemaak as regisseur van die vollengtefliek Skemerson (Palama Productions). Plaaslik is sy toneelstukke by die KykNET Fiëstas, die Fleur du Cap-pryse, by die Toyota US Woordfees en Aardklop, asook die Nasionale Kunstefees bekroon.

Prys: R200,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.