Boek: Openbare domein

Openbare domeinDaniel Hugo

In Openbare domein verken Daniel Hugo dit wat openbaar is vir die digter, en wat nié. Die spanning tussen die private en die publieke met die ironie dat die mees private ervaring, te wete die dood, ook vir die kunstenaar die mees openbare word – in só mate dat hy ná nóg 50 jaar ook houvas op sy “intellektuele eiendom” verloor en opgeneem word in die sfeer waar taal nie meer bestaan nie, dat daar as’t ware ’n streep getrek word deur sy naam.

Tog is dit nie ’n swaarwigtige bundel nie en flonker die verse met Hugo se kenmerkende woordvernuf.

Oor die outeur

Hugo geniet wye mediadekking as digter, vertaler, resensent, rubriekskrywer, radiovoorleser en openbare onderhoudvoerder.

Hugo is een van Afrikaans se voorste en gewildste digters. Hy is ook een van die bekendste radiostemme in die land.

Hugo het al meer as vyftig werke uit Nederlands in Afrikaans vertaal; dit sluit in romans, digbundels en kinder-en jeugboeke. Hy is in 2014 en 2017 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon vir sy vertaling van onderskeidelik Tom Lanoye se Sprakeloos en Stefan Hertmans se Oorlog en Terpentyn.

Uitgewer: Naledi Online
Prys: R175,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.