Boek: Openbaring – ‘n reisjoernaal

openbaring bakkes

C. Johan Bakkes

Openbaring is ’n inspirerende reisstorie wat wipplank ry tussen twee uiterstes – C. Johan Bakkes en sy reisgenote trotseer die koudste en warmste plekke op aarde waar mense nog leef en ’n bestaan maak, in onderskeidelik die snerpende Siberiese koue en die verswelgende hitte van die Danakil-depressie. Hoekom? Want dié reisigers doen hul bes om nie “lou” te wees nie, maar met absolute oorgawe te lewe.

Oor die outeur:
Casparus Johan Bakkes is op 21 Oktober 1956 op Stellenbosch gebore. Hy het grootgeword op Saldanhabaai aan die Weskus en dit is blykbaar waar sy liefde vir avontuur, reis en die natuur begin het. Hy matrikuleer aan Afrikaans Hoër Seunskool en ná RGN-opnames van die hoogsbestaalde professies besluit hy om ’n geoktrooieerde rekenmeester en ouditeur te word. Daarna was hy verbonde aan Unisa en tans is hy professor in bestuursrekeningkunde aan die Universiteit van die Wes-Kaap en woon in die Paarl. Hy is die die seun van skrywer Margaret Bakkes en historikus Cas Bakkes. Skrywer Christiaan Bakkes is sy broer. Daar het reeds drie bundels oor sy talle reise en buitengewone ervarings verskyn: Moer toe die vreemde in, Nou’s ons in ons donner in en Norrevøk.

Koop die boek: Graffiti Boeke
Uitgewer: Queillerie
Prys: R192-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.