Boek: Openbaring ontsluit

riekertdeur Riekert Botha

Hoeveel mense het al Openbaring gelees en álles verstaan? Tog sê Riekert Botha Openbaring kán verstaan word. Die sleutel lê in een spesifieke vraag: “Wat het Openbaring beteken vir die eerste mense aan wie dit geskryf was?”
Riekert kyk in Openbaring ontsluit na die volgende aspekte wat vorm gee aan hierdie Bybelboek:

    • Wie was die oorspronklike ontvangers van die boodskap?
    • Wat was die omstandighede waarin hulle geleef het?
    • Watter spesiale behoeftes of sake het moontlik aanleiding gegee tot die skrywe van die boek?
    • Wat was God se boodskap aan daardie mense in daardie tydvak en spesiale omstandighede?

Riekert bespreek dan die boodskap aan die sewe gemeentes en die sewe visioene in Openbaring teen hierdie agtergrond.
Openbaring ontsluit bied ’n verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel. Dit is ideaal vir elkeen wat ’n verstaanbare uitleg van Openbaring wil hê.

Oor die outeur:
Riekert Botha is ’n tentmakerleraar en was voorheen leraar van die Baptiste-gemeente op Vredendal in die Wes-Kaap. Riekert beskik oor die grade BTh (honneurs) van die Global University en ’n MTh van die North-western Theological Seminary, waar hy ook sy PhD in berading ontvang het. Riekert word gereeld op RSG gehoor waar hy inspirerende en Bybelsgebaseerde boodskappe uitdra. Hy is getroud met Pippa en hulle het drie kinders.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R139-95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.