David Williams
Ontmoet vir Ben se ouma. Sy lyk maar soos enige ander ouma: sy het grys hare, sy het vals tande, sy druk gebruikte snesies in haar mou op. En… sy’s ’n internasionale juweeldief!”
Oor die outeur
David Walliams het die kinderboekwêreld stormenderhand verower. Tans is hy die grootste Britse kinderboekouteur wat die afgelope dekade gedebuteer het. Sy boeke het sover in 40 tale verskyn, en sal eersdaags ook in Afrikaans beskikbaar wees! Daar het reeds meer as 40 miljoen eksemplare in die Verenigde Koninkryk verkoop.
Mr Stink, The Boy in the Dress en Gangsta Granny (Ouma is ’n kroek, Protea 2015) is aangepas vir Britse televisie en Billionaire Boy sal teen Kersfees 2015 op die kassie te sien wees. Ratburger (Rotburger, Protea 2015) en Demon Dentist het albei die National Book Awards Children’s Book of the Year in Brittanje gewen. Dit is geen verrassing dat Walliams in dieselfde asem genoem word as sy held Roald Dahl nie.
Oor die illustreerder
Tony Ross is ’n baie suksesvolle kinderboekillustreerder wat bekend is vir titels soos Harry the Poisonous Centipede deur Lynne Reid Banks, en die Little Wolf-reeks deur Ian Whybrow.
Oor die vertaler
Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboekvertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl en het onlangs die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans gewen vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem; Hoe om Drakonees te praat. Hy het ook ’n Artes-toekenning ontvang en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK Oorklanking. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater en Binnelanders.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150.00*
*Prys onderhewig aan verandering