Boek: Ouma is ‘n kroek

Ouma-is-n-kroek-Voorblad.jpgDavid Williams

Ontmoet vir Ben se ouma. Sy lyk maar soos enige ander ouma: sy het grys hare, sy het vals tande, sy druk gebruikte snesies in haar mou op. En… sy’s ’n internasionale juweeldief!”

Oor die outeur

David Walliams het die kinderboekwêreld stormenderhand verower. Tans is hy die grootste Britse kinderboekouteur wat die afgelope dekade gedebuteer het. Sy boeke het sover in 40 tale verskyn, en sal eersdaags ook in Afrikaans beskikbaar wees! Daar het reeds meer as 40 miljoen eksemplare in die Verenigde Koninkryk verkoop.

Mr Stink, The Boy in the Dress en Gangsta Granny (Ouma is ’n kroek, Protea 2015) is aangepas vir Britse televisie en Billionaire Boy sal teen Kersfees 2015 op die kassie te sien wees. Ratburger (Rotburger, Protea 2015) en Demon Dentist het albei die National Book Awards Children’s Book of the Year in Brittanje gewen. Dit is geen verrassing dat Walliams in dieselfde asem genoem word as sy held Roald Dahl nie.

Oor die illustreerder

Tony Ross is ’n baie suksesvolle kinderboekillustreerder wat bekend is vir titels soos Harry the Poisonous Centipede deur Lynne Reid Banks, en die Little Wolf-reeks deur Ian Whybrow.

Oor die vertaler

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboekvertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl en het onlangs die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans gewen vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem; Hoe om Drakonees te praat. Hy het ook ’n Artes-toekenning ontvang en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasiefilms vir die destydse SAUK Oorklanking. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater en Binnelanders.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.