Boek: Oupa Zombie

Jaco Jacobs

Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reisprogramme op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor … BREIIINNNSSS! Dit is duidelik dat Oupa besig is om in ’n zombie te verander. As Alex hom van dr. Zuurman en die zombiepolisie wil red, gaan hy ’n paar briljante planne, goeie vriende en hope broccoli nodig hê. En miskien kan hulle op die koop toe ook hulle droom bewaarheid om die Zambia en Egipte te siene te kry!

Jaco Jacobs se kombinasie van humor en die deernisvolle uitbeelding van gesins- en ander verhoudinge het hom al vele toekennings besorg. Jacobs is een van Suid-Afrika se topverkoper-kinderboekskrywers.

Oor die skrywer

Jacobs is die skrywer van meer as 170 boeke vir kinders en meer as ’n miljoen eksemplare van sy boeke is reeds verkoop. Hy spog met 40 bekronings vir sy werk. ’n Goeie dag vir boomklim en Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word is wêreldwyd in Engels uitgegee. Albei boeke was op die langlys vir die vooraanstaande Britse toekenning, die Carnegie Medalje, en is ook tot films verwerk. Sy topverkoper, Suurlemoen!, waarvan daar reeds meer as 100 000 eksemplare verkoop is, is ook tot film verwerk. Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetelluislang.

Oor die illustreerder

Theodore Key is ’n vryskut-illustreerder van Kaapstad. Hy het ʼn graad in grafiese ontwerp aan die Universiteit van Pretoria behaal en illustreer kinderboeke, advertensieveldtogte, tydskrifte en koerante. Wanneer hy nie besig is om te teken nie, swem hy in die see, lees boeke oor diere en geskiedenis of speel met sy kat.

Genre: Kinderfiksie
Ouderdom: Nege en ouer
Uitgewer: Pan Macmillan
Prys: R225,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.