Saamgestel deur Heilna du Plooy
P.G. du Plessis was ʼn bekende televisiepersoonlikheid, skrywer, dramaturg, koerantredakteur en akademikus. Die essays in hierdie bundel belig verskillende kante van sy menslikheid, en sy veelsydige kunstenaarskap wat met die Hertzogprys bekroon is. Dis fassinerende leesstof en ʼn ryk bron vir navorsers.
Uitgewer: Litera Publikasies
Prys: R385,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke
PG du Plessis was een van die beste afrikaanse skrywers wat ooit bestaan het en sal bestaan. Sy fyn sin vir humor en sy vermoë om detail oor te dra was legendaries in my opinie.
PG kon die menslikheid in ‘n skurk uitlig dat mens hom selfs jammer kry. Lees maar die deernis van hoe hy van die Engelse in “Fees van die ongenooides” beskryf. Daardie boek is sy grootste kragtoer.