Boek: “Pa … ek vergewe jou”

padeur Erika Visagie

Anette ruk soos sy skrik toe sy die voetstappe in die gang aangeloop hoor kom. Sy trek haar bene nog stywer teen haar op waar sy in die kas sit en wegkruip. Mag hy net verby loop! Roep ʼn stemmetjie angstig hier binne haar. Sy haat hom vir wat hy aan haar doen en hy noem homself pa. Sal sy ooit goed genoeg wees vir hom? Wonder sy met ʼn traan wat oor haar Wang loop. Sy word vir alles denkbaar gestraf. Haar ma is alweer op ʼn werksessie, en sy voel so verskriklik alleen! Haar pa sê dan so gereeld vir haar sy is goed vir niks nie… Is dit nie dalk die waarheid nie, wonder sy by haarself. Is dit hoekom sy dan so gestraf moet word. Word ander dogtertjies dan ook so deur hul pa gestraf, en hoekom moet sy stilbly hieroor… dink sy verward. Sy wil nooit trou nie, want sy sal nie toelaat dat haar man hulle dogtertjie op so ‘n manier straf soos haar pa dit aan haar doen nie.

Uitgewer: Groep 7  uitgewers
Prys: R95-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Bestel hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.