Boek: Padda en die voëlgesang

Max Velthuijs

Een pragtige herfsdag ontdek Padda ʼn pikswart lyster wat roerloos op die grond lê. Baie bekommerd wonder hy en sy vriende wat die voël makeer.

Padda en die voëlgesang is ʼn storie vol pret en pragtige illustrasies, maar bevat ook ʼn lewensles. In hierdie treffende verhaal maak die diere op ʼn eenvoudige dog mooi manier met die dood kennis en besef hulle hoe ʼn groot voorreg dit is om te lewe.

“Die stories van Padda en sy diverse groep vriende beeld uit dat die lewe moeilik kan wees, maar op die ou einde is dit goed en daar is troos: Moenie opgee nie en moenie geloof verloor nie, want jy is sterker as wat jy dink, en jy is nie alleen nie.”

*Die boek is ook beskikbaar in Engels, Sesotho, Xhosa en Zoeloe. 

Oor die outeur

Max Velthuijs (1923-2005) was ʼn Nederlandse skilder, illustreerder en skrywer. In 2004 ontvang hy die Hans Christian Andersen-medalje vir sy “blywende bydrae tot kinderliteratuur”. Velthuijs is die beste bekend vir die Padda-prenteboeke. Die eerste was Frog in Love, in 1989 deur Andersen Press gepubliseer, wat internasionale erkenning verkry het.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.